Veilings: Wild laat rekords spat

Die veilingseisoen vir lewende wild het met nuwe SA rekordpryse afgeskop.

Die jaarlikse katalogusveiling van die Transvaalse Wildvereniging wat pas tydens die internasionale wild-ekspo in Pretoria gehou is, het twee nuwe rekordpryse opgelewer.

Die rekordprys van R80 000 vir swartwitpense is tot R83 000 verbeter, terwyl die rekordprys van R13 500 vir basterhartebeeste (tsessebe) tot R18 200 verbeter is.

Ander spesies wat goed gevaar het, was bastergemsbokke (Roan) teen R120 000 stuk, 'n renosterbul teen R160 000 en rietbokke teen R4 000 stuk. 'n Besondere vraag na koedoes is ondervind en van die 63 wat aangebied is, het tot R3 000 stuk behaal.

Sowat 900 mense het die veiling bygewoon wat deur Vleissentraal Bosveld aangebied is. Die totale omset was R3 328 950.


Bestuur/Ekonomie/Finansies Wild