Gifplante: Dier se liggaam word so aangetas

Charl van Rooyen

Die invloed van die verskillende gifplante in die oostelike Kalahari-doringveld op die verskillende stelsels van 'n dier se liggaam word hier volledig uiteengesit.

As die lewer aangetas word, kom hepatotoksikose (lewertoksikose) met of sonder fotosensitisering (oorgevoeligheid vir sonlig) voor. Prominente spesies in die groep wat lewertoksikose sÆnder fotosensitisering in die studiegebied veroorsaak, sluit in dunsiektebossie, kraakstewel en krakerbossie(Seneciospp.), besembossie, duinebossie en Januariebos (Crotalariaspp.), springbokbos (Hertia pallens); aasvoÍlbossie, armoedsbossie, gombossie, witbas, swaelbos, mierbossie, witgatbossie (of Scholtz-bossie; Pteronia glauca); boetebossie (Xanthium spinosum);kankerroos (Xanthium strumarium) en geelbos, kraalbos of perdebos (Galenia africana). By lewertoksikose met fotosensitisering is daar twee soorte: Fotosensitisering wat primÁr die lewergrondweefsel beskadig -- ganskweek (Lasiospermum bipinnatum) is die enigste spesie wat in die studiegebied aangetref word -- en fotosensitisering wat primÁr die gal beskadig. Gifplante wat op laasgenoemde betrekking het, is die dubbeltjie, duwweltjie of volstruisdubbeltjie (Tribulus terrestris),gewone buffelsgras (Panicum maximum) en witbuffelsgras (P. coloratum). DiÅPanicumspp. veroorsaak sporadiese gevalle van fotosensitisering by skape in die somer en kom veral voor nÄ 'n goeie somerreÍnval, wat op 'n droÍ seisoen volg. Die aantasting van die sentrale senuweestelsel deur 'n groot aantal gifplante en swamme veroorsaak senuwee-simptome by vee. Geen chemiese analise is beskikbaar om diÅ neurotoksiene te diagnoseer nie. Daarom is die enigste manier om diÅ siektetoestand te identifiseer, deur na letsels in die sentrale senuweestelsel te soek. Waaibossie (Trachyandra laxa) veroorsaak progressiewe gedeeltelike verlamming en verlamming by beeste, skape, perde en varke. Proposie (Helichrysum argyrosphaerum) veroorsaak dieselfde simptome by skape. Die sentrale senuweestelsel word ook algemeen deur melktou, wolfsmelk of spantoumelkbos (Sarcostemma viminale),beesmelkbos, geelmelkbos of gifmelkbos (Euphorbia mauritanica),malkopui (Dipcadi glaucum),kweekgras (Cynodon dactylon),grootstinkblaar (Datura ferox) en wildetabak (Nicotiana glauca) aangetas. Kiesieblaar (Malva parviflora) is selde 'n sondaar. Sommige plante tas die hart aan. Trouens, kardiotoksikose wat deur plante veroorsaak word, is die bekendste plantvergiftiging in Suider-Afrika en laat baie vee in die Kalahari vrek. Die vernaamste oorsaak van hierdie soort vergiftiging is hart-glikosiede wat in plante voorkom. Akute vergiftiging word onder meer deur kardenolied-bevattende plante veroorsaak. Blaasoppies, gansies, melkbos of wildevaring (Gomphocarpus fruticosus) is die enigste spesie in die studiegebied wat in hierdie groep val. Dit is egter baie onsmaaklik en diere vreet dit net as daar nie ander kos is nie. Akute vergiftiging word ook deur nie-ophopende bufadienolied-bevattende plante veroorsaak. Bloutulp of kraai-uintjie (Moraea polystachya), geeltulp of Transvaalse geeltulp(Homeria pallida),rooislangkop of Transvaalse slangkop (Urginea sanguinea),Kaapse slangkop, Karooslangkop of slangkop (Ornithoglossumviride) en kruidjie-roer-my-nie (Melianthus comosus) is deel van diÅ groep in die studiegebied. Plante wat die maagdermkanaalbeÝnvloed, kan breedweg in drie groepe verdeel word, naamlik diÅ wat diarree, ander tekens as diarree en maagdermontsteking (gastroÍnteritis) veroorsaak. Die bekendste spesies is diÅ van die genusGeigeria, naamlik, vermeerbos, vomeerbos of misbeksiektebos, wat vermeersiekte ver-oorsaak. Tjienkerientjee-soorte (Ornithogalumspp.) is verantwoordelik vir tjienkerientjeevergiftiging.Jatropha multifida,gifappel, bitter-appel of grysbitterappel(Solanum incanum),nastergal of galbes-sie(Solanum nigrum),bitterappel, doringkomkommertjie,wilde-agurkie of slangkomkommertjie(Cucumis africanus),laloentjie of wilde-komkommertjie (Cucumis myriocarpus),besembossie, Januariebos of waaibossie (Gnidia polycephala) en harpuisbos of repuisbos (Gnidia burchellii) veroorsaak vergiftiging van die maag-dermkanaal. Gifstowwe wat die uitskeidingstelsel (urogenitale stelsel) aantas, kan in vier groepe verdeel word: DiÅ wat die niere primÁre beÝnvloed. Die turksvy- (Opuntia),vygie-(Delosperma),suring- (Oxalis)entongblaarspesie (Rumex)veroorsaak oksaalsuurvergiftiging en beÝnvloed die niere en maagdermkanaal. DiÅ waar die hoofeffek elders in die liggaam is en waardeur die niere sekondÁr beÝnvloed word. Geen plante van hierdie groep is in die studie gevind nie. Gifstowwe wat die blaas beÝnvloed. Geen spesies van hierdie groep is tydens die studie gevind nie. Gifstowwe wat die voortplantingstelsel en die ontwikkelde fetus beÝnvloed. Die blomkoolbossie, blomkoolganna, koolganna of brakbos (Salsola tuberculata) kom plek-plek voor en veroorsaak lamsiekte.Salsolaspp. is gewoonlik goeie weiding, maar as 'n dier baie van sekereSalsola spp.vreet, kan dit grootlamsiekte veroorsaak. In die geval van die asemhalingstelsel is long-edeem en emfiseem nie-spesifieke veranderinge wat met baie infeksies, parasitologie en toksiese toestande in vee verbind word. Hierdie veranderinge is gewoonlik matig, ontwikkel terminaal en word in die algemeen nie met duidelike en verlengde tekens van asemhaling-angs of benoudheid geassosieer nie. Besembossie, duinebossie of Januariebos (Crotalaria spartioides) word in Suid-Afrika geassosieer met 'n chroniese asemhaling-siekte, bekend as jaagsiekte by perde en muile. Ander spesies soosGnidia polycephala,harpuisbos of repuisbos (Gnidia burchellii) en springbokbos (Hertia pallens) veroorsaak akute long-edeem en emfiseem by skape. Die aantasting van die bloedvatstelsel (hemapoÝtiese stelsel) is eerstens in die vorm van blousuurvergiftiging -- deur veral kweekgras (Cynodon dactylon),wat volop en potensieel giftig is, asook kameeldoring (Acacia erioloba), bietou of boegoebos (Osteospermum muricatum),bietou (O. scariosum)en draaibos, geel draaibos of rivier-draaibos (O. spinescens), groot-, mak-, wit- of karoobietou (Dimorphotheca cuneata) enJatropha multifida. Aantasting kom ook voor as nitraat- of nitrietvergiftiging. Die belangrikste spesies wat laasgenoemde veroorsaak, is ruikpeul (Acacia nilotica) en misbredie of hanekam (Amaranthus hybridus). Mnr. Koos Smit se adres is: Posbus 14869, Sinoville 0129. Sy foonnommers is 012 548 3451 en 072 289 8560; e-pos sinopt@mweb.co.za.

Algemene gifplante in die studiegebied (Vahrmeijer 1987; Kellerman 1990) Genus en spesieAfrikaanse nameSiekteGalenia africanaGeel-, kraal- of perdebosWaterpensAmaranthus spp. (Ama- ranthus hybridus)Misbredie, hanekamNitriet- en nitraatvergiftigingGomphocarpus fruticosusBlaasoppies, gansies, melkbos, wildevaringTulp- en slangkopvergiftigingSarcostemma viminaleMelktou, wolfsmelk, spantoumelk- bosSimptome stem ooreen met hart- waterChrysocoma tenuifoliaBeesbossie, beeskaroo, bitterbos, bitterkaroo, brandbossieKaal- of lakseersiekteDimorphotheca cuneataGroot-, mak-, wit- of karoobietouBlousuurvergiftiging, opblaas, geilsiekteGeigeria ornativaVermeer-, vomeer- of misbeksiek- tebosVermeersiektePteronia pallensAasvoÍl-, armoeds-, gom-, mier-, witgat- of Scholtz-bossie, witbas, swaelbosLewervergiftigingHertia pallensSpringbokbosLewervergiftigingSeneciosppDunsiekte- of krakerbossie, kraak- stewelDun- of MoltenosiekteOsteospermumspp. (O. muricatum, O. scariosum enO. spinescens)-Geilsiekte, opblaas, blousuurver- giftigingSalsola tuberculatavar. tomentosaBlomkoolbossie, blomkoolganna, koolganna, brakbosGrootlamsiekteKalanchoe rotundifoliaPlakkie, nentabosKrimpsiekteMalva parvifloraKiesieblaarKrimp- of krampsiekteEuphorbia mauritanicaBeesmelk-, geelmelk- of gifmelkbosTas die senuweestelsel aanCrotalaria spartioidesBesem- of duinebossie, JanuariebosDuinsiekte, duinebosvergiftigingAcacia eriolobaKameeldoringGeilsiekte, opblaas, blousuurver- giftigingMedicago laciniataKlawergrasSekondÁre fotosensitiseringMoraea polystachyaBloutulp, kraai-uintjieTulpvergiftigingDipcadi glaucumMalkop-uiSimptome stem ooreen met slang- kopvergiftigingOrnithoglossum virideKaapse, Karooslangkop, slangkopSlangkopvergiftigingUrginea pusillaBergslangkopSlangkopvergiftigingUrginea sanguineaRooi- of Transvaalse slangkopSlangkopvergiftigingMelianthus comosusKruidjie-roer-my-nieTulp- en slangkopvergiftigingDelosperma cooperiVygieOksaalsuurvergiftigingOxalis spp.SuringOksaalsuurvergiftigingCynodon dactylonKweekgrasBlousuurvergiftiging, opblaas, geilsiektePanicum spp.BuffelsgrasseSekondÁre fotosensitiseringRumex crispusTongblaarOksaalsuurvergiftigingNicotiana glaucaWildetabakNitriet- en nitraatvergiftigingSolanum incanumGif-, bitter- of grysbitterappelMaagdermkanaal-vergiftigingGnidia burchelliiHarpuis- of repuisbosMaagdermkanaal-vergiftiging en akute long-edeem en emfiseem by skapeGnidia polycephalaBesem- of waaibossie, Januariebos,Maagdermkanaal-vergiftiging en akute long-edeem en emfiseem by skapeLippia spp. (Lippia scaber- rima)BeukebossiesSekondÁre fotosensitiseringTribulus terrestrisDubbeltjie, duwweltjie, volstruis- dubbeltjieGeeldikkop, sekondÁre fotosensi- tisering


Gifplante Plante