Briewe - Papier is geduldig

OKKIE (O.J.) YSSEL, Posbus 180, Ventersdorp, skryf: As 'n lojale lid van Sentraalwes (33 jaar) en 'n houer van Senwes-aandele, het ek by 'n kruispad gekom waarvan die rigtingwysers verwarrend is. So pas het ek 'n mooi propagandistiese brosjure oor Senwes se omdraai-program ontvang. Die druk en verspreiding daarvan het seker nie minder nie as R50000 gekos. Die vorige voorsitter, mnr. Pieter Meyer, het in 1998 gesÁ dat Senwes sy laagste punt bereik het en dit word gevolg met die nuwe voorsitter, mnr. Japie Grobler, se verklaring in 2000 ``dat die onderste draaipunt nou bereik is''. Senwes het diÅ jaar die grootste verlies nog getoon. Mnr. Grobler sÁ nou in Rapport dat boere binne drie jaar hul verlore kapitaal gaan terugkry. As hy hierdie keer reg sou wees, dan is dit vir talle boere, wat reeds alles verloor het, te laat. Wanneer gaan my eie mense (leierboere) soos gesoute politici ophou met hierdie ``blufspel''? Volgens die ``paai''-brosjure gaan dit goed met Kolosus omdat dit reeds omgedraai is. Wat het van die hofuitspraak van ongeveer R100 miljoen teen hom geword? Wat is die rede dat sy aandele, soos Senwes s'n, teen slegs ses sent verhandel? Die brosjure en die beurs praat nie dieselfde taal nie. Papier is geduldig. Wat sou van Senwes oorgebly het as mnr. Bok Erasmus nie die moed gehad het om dinge oop te krap nie. Dalk was Senwes al verkoop, soos Saambou vir R1. Ek hoop net Bok was betyds. Ek is verward en het besluit om veel eerder my mening aan Bok en Els te gee uit erkenning dat hulle nog al die tyd reg was.


Briewe