Gesinsafdeling - Henriette help graag

Nuwe feite oor borskanker Borskanker is aan die toeneem, maar die sterftes as gevolg van diÅ siekte neem sedert 1992 af, is die goeie nuus wat 'n onkoloog, dr. M. Antonia Coccia-Portugal, kongres-gangers by Noordwes se VLU-kongres meegedeel het. Die beste nuus is dat 'n mastektomie (verwydering van die bors) nie meer die allerantwoord is nie. Oorsese studies het getoon dat 'n mastektomie geen oorlewingsvoordeel inhou vergeleke met 'n lumpektomie (verwydering van die knop) nie. Danksy chemoterapie, hormoonterapie en genetiese behandeling, is dit deesdae selde nodig om 'n mastektomie te doen. Selfs wanneer die knop baie groot is en van die kankerselle reeds deur die bloedstroom na ander dele van die liggaam (been, longe of lewer) versprei het, kan sistemiese behandeling toegedien word om die gewas te laat krimp en die kankerselle buite die grense van die bors dood te maak. Wanneer die gewas gekrimp het, kan dit verwyder word met goeie kosmetiese resultate. Ondersoek jou borste maandeliks en gaan gereeld vir 'n mammogram as jy ouer as 50 is. (In Amerika word vroue aangeraai om van 40 af gereeld vir diÅ ondersoek te gaan.) 'n Nuwe neiging is borssentrums in groot stede. Chirurge en onkoloÍ kombineer hul kundigheid om oor behandeling vir elke individu te besluit met die samewerking van die patoloog, radioterapeut, radioloog en plastiese chirurg. Wat elke vrou egter moet weet, is dat 'n mastektomie nooit as eerste behandeling aangebied behoort te word nie. Meer besonderhede by: www.breastcancer.co.za

Biltongtert Stephanie Fourie van Grahamstad het hierdie resep vir jou gestuur, Lucille Horn van Fochville. Geniet dit! Resep Kors: Voer 'n tertbak uit met sout- of kraakbeskuitjies wat met gesmelte botter gemeng is. Vulsel 125 ml gekapte uie; 125 ml botter; 37,5 ml koekmeel; 250 ml warm melk; 2 eiergele, geklits; 125 ml kaas, gerasper; 250 ml biltongsnippers; 2 eierwitte, geklits. Braai uie in botter, voeg koekmeel by en kook liggies vir 'n paar minute. Voeg warm melk stadig by en roer om 'n gladde sous te maak. Voeg mengsel by geklitste eiergele en roer voortdurend. Voeg gerasperde kaas en biltongsnippers by. Vou geklitste eierwitte by tertmengsel in. Vul tertkors en bak 20-30 minute by 180 úC tot goudbruin.

Resep vir avokado-atjar gesoek Marie Laubscher van Rustenburg soek na 'n lekker resep waarin avokado die hoofrol in die atjar speel. Kan jy dalk help?

Flatervrye soet-suur agurkies DiÅ resep is flatervry. Jou agurkies behoort nie weer suur te word nie, Anet Brockmann van Dundee. SÆ skryf Machteld Ferreira van Tzaneen. Resep 6 bottels wit asyn; 6 bottels water; 1 koppie sout; 1 koppie suiker; 1 pakkie pickling mixed spice; klein komkommers. Voeg asyn, water, sout, suiker en speserye bymekaar en kook vir vyf minute. Plaas klein komkommers in mengsel -- dit moet bedek wees. Kook alles saam tot die komkommers tot 'n lemmetjiegroen verkleur. (Kook eerder tÅ kort as te lank.) Bottel warm in gesteriliseerde flesse. Vul met aftreksel. VerseÍl.

Muffin-resep gesoek Rina Nel van Lydenburg is lus vir 'n lekker sout muffin met spek, kaas en spinasie as bestanddele. ``Indien die muffin ook semelryk is, nÆg beter,'' skryf sy. Wie kan help?


Rubrieke; Wenke; Resepte