Duiweboere en hul dinge: Nuwe vliegseisoen is hier

Theuns Venter

Elke duiweboer wonder elke jaar hoe prestasies verbeter kan word en maak planne om foute uit te skakel. Ongelukkig is geen twee wedvlugseisoene eenders nie en kan Äl die planne nie vooraf gemaak word nie.

Daar is sekere basiese dinge wat gedoen kan word om te help dat 'n mens se duiwe in 'n goeie kondisie is met die eerste wedvlug. Ek volg self die volgende program en het gevind dat my duiwe daardeur goed presteer. Dit is uiters belangrik dat duiwe nie te vet moet wees as die oefenprogram begin nie. Ek plaas my duiwe op 'n suiwer garsrant-soen vir ten minste twee weke voordat ek hulle begin oefen. Hiermee begin ek minstens agt weke voor die eerste wedvlug. Net so belangrik is dit dat daar nie duiwe in die vliegspan moet wees wat nog nie klaar verveer is nie. Indien die laaste vliegpenne nie volledig uitgegroei is nie, en veral as die tiende en laaste pen net begin uitkom het, is dit uiters sleg om te begin oefen. Sulke duiwe vlieg nog nie graag nie en sal iewers gaan sit as hulle by die hok verjaag word. Hierdeur kan hulle ander duiwe verlei om saam met hulle 'n sitplek op te soek. Bowendien sal die pen waarskynlik kort bly en sÆ 'n duif sal nooit topprestasies lewer nie. Gedurende die eerste week wat ek my duiwe uitlaat, is ek tevrede as almal net in die lug kom. Hulle kan vlieg so lank hulle wil, maar almal moet opvlieg. As hulle nie te vet is nie, sal hulle binne 'n paar dae begin oefen. In hierdie tydperk hou ek gewoonlik vol met die garsrantsoen. Die duiwe begin beter oefen, en nÄ die tweede of derde dag is dit asof hulle belangstelling in kos verloor. Hulle vreet veel minder of amper niks nie. Dan, nÄ nog twee of drie dae, oefen hulle makliker 'n kwartier of langer as ek hulle uitlaat, en die eetlus keer skielik terug. Hierdie is die aangewese tyd om nou die rantsoen aan te pas om by die oefening te pas. Ek verkies 'n vliegmengsel waarby heelwat gars gevoeg word. Van nou af begin die duiwe hard te werk en ek verkies om hulle vir nog 'n verdere week om die hok te laat oefen. Hulle kry net genoeg kos om van die een maaltyd in die mÂre te hou tot die volgende een in die aand. Alles wat gevoer word, moet opgetel word. Hulle sal geleidelik al hoe langer om die hok oefen indien daar steeds meer gevoer word. Die afrigter en die soort duif sal hier bepaal hoe lank dit moet wees. Ek verkies dat dit nie vyftien tot twintig minute oorskry nie, en ek pas die hoeveelheid kos wat gevoer word, hierby aan. Die duiwe wys dat hulle hongerig is en luister onmiddellik as ek hulle inroep. Die hoeveelheid kos wat neergesit is, word alles opgevreet. Duiwe wat met oop vlerke oor die grond en voerbak rondskarrel, kry duidelik te min kos. As hulle sÆ honger is, sal hulle ook nie wil vlieg nie. Die duiweboer moet dus sÅlf die balans vind van wat genoeg en wat te min is vir die tydperk wat hulle om die hok oefen. Ek voer nie graag met die hand nie, want duiwe sal bly vreet solank hulle kos kry. Hou by 'n vaste maat en maak daarvandaan aanpassings. Aangesien Äl my duiwe reeds as jongduif en ou vlieÍrs op die pad was, kan ek bekostig om in 'n baie later stadium as ander duiweboere eers met padwerk te begin. Om my duiwe kans te gee om klaar te verveer voor ek begin oefen, begin ek baie laat, maar ek kan dit bekostig. My duiwe kry slegs 'n maksimum van twee of drie oefenvlugte oor 'n afstand van 30 km tot 40 km, waarna hulle op die Unie-vragmotor vir oefenvlugte gestuur word. Hierdie oefenvlugte vind feitlik elke tweede dag plaas en wissel van 80 km tot 160 km oor 'n tydperk van drie weke. Dit is belangrik dat my duiwe 'n oefenvlug van minstens 160km 'n week voor die eerste wedvlug kry. Hiermee sluit ek my padwerkprogram af en hierna oefen my duiwe net elke dag twee keer om die hok vir nie langer nie as twintig minute. Alle duiwe wat nie Saterdag in die wedvlug is nie, moet 'n oefenvlug doen waartydens hulle so na moontlik aan twee ure se vlieg op 'n Saterdag doen. Ek gebruik 'n metode waarin ek die duiwe fisiek oor die naweek afbreek en dan weer na die volgende naweek toe opbou. Tot nog toe is die duiwe deurgaans met 'n mengsel van gars en vliegmengsel gevoer. Dit was belangrik om hulle fisies so sterk as moontlik te hou omdat hulle feitlik elke tweede dag aan 'n oefenvlug deelgeneem het. Nadat hulle die 160 km die Saterdag voor die eerste wedvlug gevlieg het, kry hulle suurlemoen in die drinkwater en word hulle net gars gevoer. Tot nog toe was ek nie baie bekommerd oor die hoeveelheid voer wat hulle gekry het nie, maar van nou af word dit streng beheer. Ek gebruik 'n kondensmelkblikkie as maatstaf en die duiwe word slegs een blikkie per vyftien duiwe per maaltyd gevoer. Hierdie is 'n maatstaf en aanpassings moet gemaak word vir buitengewone omstandighede. Koue en harde oefening sal hierby 'n rol speel. Veral by erge koue moet effens meer gevoer word. My doelstelling is nie om te sien hoe uitbundig of lank my duiwe om die hok oefen nie, maar alleen om hul kondisie sover moontlik terug te hou aan die begin van die week en hulle teen Vrydag met inkorwing weer in top-kondisie te hÁ. Hulle hoef nie wedvlugte in die middel van die week te wen nie. Vir Saterdag, Sondag, Maandag en Dinsdag hou ek by gars alleen. Ek hou die duiwe dop en as ek die metode reg toepas, behoort hulle teen Dinsdagaand redelik dun en lig te voel, en sal hulle ook lusteloos oefen. As hulle teen Dinsdagaand nie wil oefen nie, kry hulle daardie aand 'n mengsel van helfte gars, 'n kwart sonneblomsaad en 'n kwart vliegmengsel. Hulle behoort dan Woensdagoggend beter te oefen. Dit is belangrik om te onthou dat 'n mens net die inhoud van die mengsel moet verander, maar nie die hoeveelheid nie. Woensdagoggend kry hulle dieselfde mengsel en Woensdagaand die helfte vliegmengsel en gars op 'n 50-50-grondslag. Donderdag kry hulle net vliegmengsel en Vrydagoggend weer net vliegmengsel plus een blikkie uitgedopte sonneblomsaad vir elke dertig duiwe. Die duiwe word nie Vrydag uitgelaat nie en kry die aand slegs een blikkie gars vir dertig duiwe, net om hulle te laat water drink. Vir wedvlugte waar daar Donderdag gemandjie word, skuif die oorskakeling van die rantsoen net een dag terug en word die duiwe wel Donderdagoggend voor inkorwing uitgelaat vir oefening. Hulle behoort die aand van inkorwing in 'n uitstekende kondisie te wees en net hulle kwaliteit sal bepaal hoe goed hulle sal presteer. Theunis Venter is bekend vir sy kennis van wedvlugduiwe en het verskeie boeke, rubrieke en artikels oor duiwe geskryf. Hy kan nÄ ure gebel word by tel. 012 567 2946.

Moets en moenies Besluit op 'n metode en hou daarby. Moenie nÄ 'n paar dae bang word en die metode verander nie. Hou jou duiwe fyn dop. Hulle moet nie te honger word nie en hulle hoef nie ure om die hok te oefen of padwerk te doen nie. In daardie stadium moet hulle net hul spiere los en geoefen hou. Meer oefening gaan hulle nie fikser maak nie. Hou by die blikkie as maatstaf. Dit is nie die hoeveelheid kos wat verander nie, maar slegs die samestelling (oftewel die inhoud) van die mengsel. Sonneblomsaad is 'n baie goeie aanvulling indien hulle te vroeg te honger is. Vervang 'n persentasie gars met 'n persentasie sonneblomsaad, maar hou by die maatstaf. Vir langer afstande moet vroeÍr van gars af na die mengsel oorgeskakel word. As daar siekte is, raadpleeg die veearts en kry die regte diagnose en die regte medikasie. Behalwe vir inenting, is daar geen voorkomende medikasie nie.


Duiwe Rubrieke