Gesinsafdeling: Vir die gesin - Brandewynhoender vir Nuwejaar

Carien Potgieter

Stilte daal oor Palmietput neer. Die groen grasperke staan nie meer toegeparkeer onder al die motorkarre nie. Kersdag is dit altyd sulke tyd.

Al wat familie is, kom plaas toe en bring skottels vleis, bakke slaaie en tuisgebakte brode vir die vretenstafel. Vóór ete is daar nie plek op die tafel nie en ná ete is geen plek in iemand se maag nie! Na Nuwejaar veg almal vir plek in hul klere wat, soos altyd ná die tyd styf om die getransformeerde Kersmaal span. Ons drie sit ledig onder die lapa rond. Dis nou ek, broer en neef Lewies. Daar sal eers met Oujaar weer lewe op die plaas wees. Lewies is 地 ondeunde kalant. 地 Groot stuk vleis wat die skaal net so skuins verby 地 tiende van 地 ton trek, flikkerblou oë waarin 地 duisend duiwels dans en 地 bek waarin geen plaasbotter nog ooit wou smelt nie. 荘Boxing day鋳 noem die oumense die na-aksie Kersdag. Dis snikheet! Daar trek nie 地 luggie nie en ons is grensloos verveeld. Niks róér nie, dit is net die hoenders wat lyk of die hitte hulle nie pla nie. Skrop rond, pik hier en daar en kekkelgesels oor hul eie Krismisete. Ek moet darem net noem dat nie ál die hoenders op hok staan nie. Ma het so 地 stuk of wat verkeerdeveernommers wat op die werf rondloop. Hulle is eintlik skouhoenderkaliber van grêndgeit. Dis die windmaker haan en sy gevolg se voorreg om elke dag in ma se tuin rond te skrop vir hulle slak- en goggadieet. Ma het nie veel erg aan chemikalieë en dié goed nie, glo in natuurlike plaagbestryding. Dan kom Lewies soos 地 bees in die drukgang na 地 veiling aangehol! Huis toe. Wat op aarde... wonder ek. Kort voor lank kom hy weer te voorskyn met 地 bottel onder sy arm. Klipdrift. 展aar bêre julle die doseerspuite, niggie? Maar dis broer wat antwoord. 摘k sal gaan haal. Die s(t)outigheid slaan in meervoudige druppels op hulle voorkoppe uit ná al die skielike aksie. 適om! Botterbeksoet en onskuldig wink Lewies in die elite-werfhoenders se rigting. Vir eers merk die Narcissus van 地 haan nie die naderende onheil nie. Maar vandág meen ek 地 hoender het ook 地 sesde sintuig, of dalk 地 beskermengel. Hy vloog skielik weg, sy henne spat gillend uitmekaar en gaan staan vervaard onder 地 rooi roosboom om tot verhaal te kom. Broer en Lewies laat nie op hulle wag nie. Die haan bly hul ontglip soos hulle oos en wes deur ma se pronkertjiebedding ploeg. Broer duik en vang die haan aan 地 bos stertvere. 滴et hom! Lewies kom nader gestorm, trap met sy groot poot in die onderste dammetjie van die albasterfontein en spat broer sopnat. Lewies trek die spuit vol brandewyn wyl broer die haan kort agter die kop beet het. Arme Narcissus, daar is nie veel wat ek kan doen om hom te red nie... 哲ou sal ons sien hoe geolie hierdie meneer se stembande môreoggend is. Hy wíl mos! Wurgend aan die prettigheid, sit hulle die haan neer en staan stip na hom en kyk. Asof jy 地 knoppie op 地 afstandbeheer druk, trek die haan weg. Hy kies koers en hol. Sy nek staan lank en stokreguit voor hom en dit lyk of hy al agter sy kop aan hol. Broer en Lewies bekyk mekaar, hulle lees mekaar se gedagtes en vlieg gelyk weg agter die haan aan. Dié keer kry hulle hom gouer gevang. Lewies trek die spuit weer vol uit die bottel uit en spuit nog 地 skoot in sy keel af. Met dié dat hulle ou Narcissus neersit, gee sy pote mee en sy verkeerdeveernek hang slapdood. Die prettigheid het nou verander in 地 effense bekommerde klankie, of verbeel ek my? 鏑ewies? hoor ek broer se stem. Hy wag nie vir 地 antwoord nie. Hy raap die haan op en draf met hom swembad toe. Druk hom sommer kop én pote onder water. Weer en weer, Lewies is ook later by. 敵ee hier, man! en hy probeer self. Vir dae daarna sit die haan onder die krismisroos wat by die hek in die vierkant groei. Toe die oemfaan tjaila op die middag van die Oujaar, neem ma afskeid van die haan. Sy beduie dat hy siek is en sy kraai klink maar sleg, so rou en hees. Sy mamma moet maar sien wat sy kan doen. Die oemfaan is vort met die haan onder sy arm en ma begin uitkyk vir 地 nuwe verkeerdeveer haan om die plaagbestryding in stand te hou. Die volgende Saterdag onthou ma weer van die haan en vra die oemfaan wat sy ma sê. Sy oë blink en sy mond glimlag breed: 泥aai brannewynhoenner? Hel, hy was lekker! Carien Potgieter is 地 vryskutskrywer.


Gesin/Gesels/rubriek