Nuus: Deense maatskappy wil plaaslik in vesel belê

Deur THEUNS BOTHA

地 Proefneming om vlas in Suid-Afrika te produseer was só suksesvol dat 地 Deense maatskappy meer as R5 miljoen in die verbouing daarvan wil belê. Dit is nou as hy 地 plaaslike vennoot kan kry wat R20 miljoen sal bydra. Die proefaanplantings wat die afgelope ses maande in die omgewing van Tarkastad, Hofmeyr, Tyhefu, Ugie en Venterstad gedoen is, het getoon dat vlas van wêreldgehalte hier geproduseer kan word. Mnr. Stig Gamborg, die hoof uitvoerende beampte van die Deense maatskappy Mansfield, sê een van die vereistes is dat die verbouing van die gewas in Suid-Afrika ook swart ekonomiese bemagtiging ten doel moet hê. Die Deense ambassade in Suid-Afrika sal finansiële steun met tegnologie-oordrag en ontwikkelingsvaardighede verleen. As 地 vennoot gevind kan word, sal die maatskappy op sy beurt help om markte vir die grondstof in Europa te vind. Volgens Mansfield moet sowat 1 500 ha verbou word om 地 fabriek te regverdig. Talle boere het reeds aangedui dat hulle teen die huidige lae mielieprys dit ernstig sal oorweeg om eerder dié gewas te verbou. Vanweë die vesel se goeie isoleer- en absorpsie-eienskappe word dit op groot skaal in die motorbedryf gebruik. In 2003 is meer as R60 miljoen se vlas na Suid-Afrika ingevoer. Vlas is reeds in 8000 v.C. as tekstielvesel gebruik. 地 Taakspan is reeds saamgestel om met Egipte, Frankryk en Pole saam te werk om die geskikste kultivars te vind wat suksesvol in Suid-Afrika geplant kan word. Daar word gehoop dat die aanleg reeds teen volgende jaar opgerig kan word.


Deense maatskappy